Brittanje

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Satellietbeeld van Brittanje.

Afrikaans (af)

Pleknaam
Brittanje

Woordafbreking

Brit•tan•je

Pleknaam

    Betekenisse

  1. Die eiland van Groot-Brittanje, wat uit Engeland, Wallis, Skotland en die omliggende eilande bestaan.
  2. (informeel) Die Verenigde Koninkryk.

    Voorbeeldsinne

  1. Brittanje is die grootste eiland van die Britse Eilande, die grootste eiland in Europa en die agtste grootste eiland ter wêreld.
  2. Die term Brittanje word soms gebruik wanneer Groot-Brittanje bedoel word, en beide word gebruik om na die Verenigde Koninkryk te verwys, wat ook Noord-Ierland insluit.

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: Britain(en)
Nederlands: Brittannië(nl)

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor Brittanje.