Hulp:Lees van karakters in Japannees

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Die Japannese taal word geskryf met 'n mengsel van drie soorte karakters: hiragana (ひらがな), katakana (カタカナ) en kanji (漢字). Die Romeinse skrif word soms gebruik om die taal aan te leer. Dit staan in Japannees bekend as Romaji (ロマ字).

Kanji[wysig]

Elke kanji verteenwoordig 'n konsep, ongeag uitspraak. Byvoorbeeld: 一人 (alleen, een persoon) en 三人 (drie mense) word beide met 人 geskryf, ten spyte daarvan dat die uitspraak daarvan in die eerste geval り (ri) en in die tweede geval にん (nin) is. Elke kanji kan enige hoeveelheid on-uitsprake (音読み) en kun-uitsprake (訓読み) hê. Byvoorbeeld: (persoon) het o.a. die on-uitsprake ジン (jin) en ニン (nin), en die kun-uitsprake ひと (hito) en り (ri).

'n Enkele konsep kan ook meer as een kanji kry. Byvoorbeeld: en (draak) is identies in betekenis en uitsprake.

'n Woord of frase wat heeltemal of gedeeltelik in kanji geskryf is kan een of meer van die moontlike kombinasies van uitsprake aanneem, maar on- en kun-uitsprake word normaalweg nie gemeng nie. As 'n algemene reël word on-uitsprake vir die meeste samevoegings van meervoudige kanji gebruik, terwyl kun-uitsprake vir die meeste losstaande kanji gebruik word. Byvoorbeeld: "" (persoon) word uitgespreek as ひと (hito), terwyl "個人" (individu) uitgespreek word as こじん (kojin). Hierdie reël is nie universeel nie.

Kana[wysig]

Hiragana en katakana is sillabies; elke karakter verteenwoordig 'n lettergreep. Daar is enkele uitsonderings. Die grammatiese funksiewoorde (助詞), en word onderskeidelik as en uitgespreek, ten spyte van die uitspraak van die karakters.

Elke karakter in hiragana en katakana het 'n ooreenstemmende karakter in die ander, byvoorbeeld か (ka) in hiragana is カ (ka) in katakana.

Hiragana word normaalweg gebruik om daardie grammatiese vorme te skryf, waarvoor geen kanji bestaan nie. Dit word ook gebruik om dié woorde te skryf waarvoor die skrywer die kanji nie ken nie. Katakana word gebruik soortgelyk aan skuinsdruk gebruik; vir leenwoorde en klem.

Romaji[wysig]

Japannees word soms in die Romeinse skrif geskryf deur 'n kombinasie van letters wat elke kana verteenwoordig. Die onderskeid tussen hiragana en katakana word nie aangedui nie.

Daar is meer as een manier om Japannees in Romeinse karakters weer te gee. Die mees algemene, die Hepburn-stelsel, word hier gebruik.

Romaji word bitter min onder Japanners gebruik; dit is hoofsaaklik bedoel vir buitelanders wat die taal aanleer.