Kersfees

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  Kersfees     Kersfeeste    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  Kersfesie     Kersfesies  

Etimologie

Samestelling van die Middelnederlandse Kerst, 'n naam vir Christus, en fees. Dus letterlik Christusfees.[1]

Woordafbreking

Kers•fees

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

'n Tradisionele herdenkingsdag op die Christelike kalender wat op die vyf-en-twintigste dag van Desember plaasvind om die geboorte van Jesus te vier.

    Voorbeeldsinne

Dit is tradisie om 'n kersboom vir Kersfees te versier.
Die meeste gebruike rondom Kersfees het eers in die laaste paar eeue gewild geraak en het geen teologiese of liturgiese wortels nie.

    Eienskappe

Die name van openbare vakansiedae en ander feesdae, soos Kersfees, word met 'n hoofletter geskryf.

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: Christmas(en)
Nederlands: Kerstmis(nl)
Zoeloe: uKhisimuzi(zu)

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor Kersfees.

Verwysings