alleen

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Byvoeglike naamwoord
Trap Predikatief Attributief Partitief
Stellend   alleen     alleen        
Vergrotend   allener      
Oortreffend   alleenste    
Bywoord
Oortreffend   stoksielalleen, vingeralleen  

Woordafbreking

al•leen

Byvoeglike naamwoord

    Betekenisse

  1. Met niemand by jou nie; sonder geselskap; in eensaamheid.
  2. Op jou eie; sonder hulp of medewerking.

    Voorbeeldsinne

  1. Laat my alleen met al my verdriet.
  2. Ek het my veters alleen vasgemaak!

    Spreekwoorde

«'n Mens kan nie van brood alleen lewe nie.»
Die geestelike is dikwels belangriker as die fisiese.
«Ongelukke kom nooit alleen nie.»
Een ongeluk word meestal deur ander gevolg.

    Vertalings

  Vertalings:    alleen
Engels: alone(en), single(en), isolated(en)
Nederlands: alleen(nl)


Bywoord
alleen

Bywoord

    Betekenisse

  1. Slegs; bloot.
  2. Uitsluitlik.

    Voorbeeldsinne

  1. Hy is nie alleen intelligent nie, hy is ook knap.
  2. Hierdie maaltyd mag alleen in die mikrogolfoond opgewarm word.

    Vertalings

  Vertalings:    alleen
Engels: only(en)
Nederlands: alleen(nl)