arbeid

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
As die perde 'n konstante krag F oor 'n afstand s uitoefen, is die arbeid wat verrig word gelyk aan F•s.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  arbeid     —  

Woordafbreking

ar•beid

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. (fisika) Kwantifisering van werk wat gedoen word; die inspanning wat dit verg om 'n voorwerp te verplaas.
  2. Harde werk; inspanning om iets te vermag.
  3. Mannekrag; werkers.
  4. Die resultaat van harde werk.

    Voorbeeldsinne

  1. As 'n kragbron 'n konstante krag F lewer om 'n voorwerp oor 'n afstand s in die rigting van die krag te verplaas, dan is die arbeid W die produk van die krag en die afgelegde afstand: W = F•s.
  2. Ek het 'n volle dag se arbeid agter die blad.
  3. Dit is moeilik om geskoolde arbeid te bekom.
  4. Sy arbeid is in 'n oogwink verwoes.

    Spreekwoorde

Arbeid adel (werk veredel 'n mens).

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: work(en), labour(en)
Nederlands: arbeid(nl)

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor arbeid.