behoort

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  behoort 
Verlede Tyd  ek   het behoort  
Onbepaalde wys behore   
Teenwoordige deelwoord behorende     

Woordafbreking

be•hoort

Werkwoord

    Betekenisse

  1. Eiendom wees van; iemand s'n wees.
  2. Deel uitmaak van; pas by; met iets 'n eenheid vorm.
  3. Iets wat jy moet kan doen of weet.

    Voorbeeldsinne

  1. Die pen behoort aan my.
  2. 'n Bosluis is 'n klein uitwendige parasiet wat tot die superfamilie Ixodoidea behoort.
  3. Jy behoort te weet hoe om woorde op die Wikiwoordeboek te laai.

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: belong(en)
Nederlands: behoren(nl)