beroep

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  beroep     beroepe    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  beroepie     beroepies  

Woordafbreking

be•roep

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. 'n Mense se werk; waarmee jy jou brood en botter verdien; betrekking; ambag.
  2. 'n Ernstige versoek rig; appelleer.
  3. 'n Uitnodiging om 'n predikant te word.

    Voorbeeldsinne

  1. Vlieënier is 'n persoon wat vliegtuie vir 'n stokperdjie of as 'n beroep vlieg.
  2. Hy het 'n beroep op strenger regulasies gedoen.
  3. Die dominee het 'n beroep na Naboomspruit aanvaar.

    Vertalings

  Vertalings:   'n Mense se werk;
Engels: occupation(en), profession(en), vocation(en)
Frans: profession(fr) v
Nederlands: beroep(nl) o
  Vertalings:   'n Ernstige versoek
Engels: appeal(en)
Nederlands: beroep(nl) o
  Vertalings:   'n Uitnodiging om 'n predikant te word.
Nederlands: beroep(nl) o
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  beroep 
Verlede Tyd  ek   het beroep        

Werkwoord

    Betekenisse

  1. Hulp of steun inroep; jou gedrag/mening regverdig; appelleer.
  2. 'n Predikant beroep.

    Voorbeeldsinne

  1. Hy het hom op artikel 10 van die wet beroep.
  2. Die dominee is na Naboomspruit beroep.

    Vertalings

  Vertalings:    beroep
Engels: appeal(en), call(en)
Nederlands: beroepen(nl)


Nederlands (nl)

Uitspraak

Hulp:IPA: [bə.ˈrup]
   
(lêer)

Woordafbreking

be•roep

Werkwoord

    Betekenisse

  1. eerste persoon enkelvoud teenwoordige tyd van zich beroepen
  2. (by inversie) tweede persoon enkelvoud teenwoordige tyd van zich beroepen
  3. gebiedende wys van zich beroepen

    Voorbeeldsinne

1.: Ik beroep me.
2.: Beroep je je?
3.: Beroep je!
Enkelvoud Meervoud
Naamwoord beroep o beroepen 
Verkleinwoord beroepje beroepjes

Selfstandige naamwoord

  1. Beroep; 'n Mense se werk;
  2. Beroep; 'n Ernstige versoek;
  3. Beroep; 'n Uitnodiging om 'n predikant te word;