besigheid

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  besigheid     besighede    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  besigheidjie     besigheidjies  

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. 'n Bedrywigheid of werksaamheid; dit waarmee mense hul besig hou.
  2. 'n Sakeonderneming soos 'n winkel, firma of koöperasie.
  3. Sakebedrywighede in die algemeen.

    Voorbeeldsinne

  1. Dit is my besigheid en het niks met jou te make nie.
  2. Die grootste faktor wat klein van groot besighede onderskei is die onafhanklike eienaarskap en beheer.
  3. Besigheid is maar sleg vanjaar. Ons het gister goeie besigheid gedoen.

    Vertalings

  Vertalings:    besigheid
Engels: business(en)
Nederlands: bezigheid(nl)