bewaar

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  bewaar 
Verlede Tyd  ek   het bewaar        

Woordafbreking

be•waar

Werkwoord

    Betekenisse

  1. Bêre; veilig hou; sorg dat iets nie verlore raak nie.
  2. Handhaaf; beskerm; hou soos dit was.

    Voorbeeldsinne

  1. Hy bewaar die dokumentasie in sy kluis.
  2. Sy probeer die vrede ten alle koste bewaar.

    Spreekwoorde

«Soos goud bewaar
Iets sorgvuldig bewaar.
«Die skyn bewaar
Die indruk wek dat iets is soos wat voorgegee word.
«Die stilswye bewaar
Sê of verklap niks nie.
«Bewaar jou siel!»
Pas op; 'n dreigement.
«Bewaar elke splinter vir die vuur in die winter.»
Maak in voorspoed bymekaar vir tye wanneer daar 'n skaarste is.
«In die kleinste potjies bewaar 'n mens die beste salf.»
Waardevolle dinge is skaars en kom in klein maat.

    Vertalings

  Vertalings:    bewaar
Engels: kept(en)
Nederlands: bewaren(nl)