bly

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Die mense lyk baie bly.

Afrikaans (af)

Byvoeglike naamwoord
Trap Predikatief Attributief Partitief
Stellend   bly     blye        
Vergrotend   blyer      
Oortreffend   blyste  

Uitspraak

   
(lêer)

Byvoeglike naamwoord

    Betekenisse

Vrolik van stemmig; lewenslustig.

    Voorbeeldsinne

Ek was bly om soveel mense by die inhuldiging van die president te sien.
Sy was baie bly toe sy hoor hoe goed sy in die eksamen gedoen het.

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: happy(en), glad(en)
Nederlands: blij(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  bly 
Verlede Tyd  ek   het gebly        

Werkwoord

    Betekenisse

  1. Niks verander nie; voortduur; volhard.
  2. Om êrens te vertoef en nie weg te gaan nie.
  3. Nie van mening verander nie.

    Voorbeeldsinne

  1. Hy bly maar verveeld.
  2. Sy wil graag by die huis bly.
  3. Die koppige man het by sy mening gebly, ten spyte van al die bewyse dat hy verkeerd was.

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: stay(en), live(en)
Nederlands: blijven(nl)