funksie

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  funksie     funksies    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  funksietjie     funksietjies  

Uitspraak

   
(lêer)

Woordafbreking

funk•sie

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. Doel of taak; die spesiale werk wat iets of iemand verrig.
  2. 'n Sosiale geleentheid of seremonie.
  3. (wiskunde) 'n Reël waardeur elke element van die definisieversameling met net een element van die waardeversameling geassosieer word.
  4. (rekenaarwetenskap) Roetine in die bronkode van 'n program.

    Voorbeeldsinne

  1. Die funksie van die lugdraad is om radiogolwe te ontvang. Wat is die nuwe werknemer se funksie?
  2. Tydens die funksie wat vir die Springbokke en Nieu-Seeland gereël was, het Louis Luyt verklaar dat Suid-Afrika die vorige twee Wêreldbekers sou wen as hulle deelgeneem het.
  3. Die funksie f(x) = 2x bepaal byvoorbeeld dat vir elke reële getal x die funksiewaarde f(x)=2x dubbel die getal x is.
  4. Die ontwikkelaar het uitgevind watter funksie vir die fout verantwoordelik is.

    Vertalings

  Vertalings:    funksie
Engels: function(en), purpose(en)
Nederlands: functie(nl)

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor funksie.