klik

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  klik     klikke    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  klikkie     klikkies  

Woordafbreking

klik

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. Kort, sagte klapgeluid.
  2. (rekenaarwetenskap) Keuse op 'n rekenaar gemaak deur êrens te druk (muis of raakskerm).
  3. (taalkunde) 'n Nie-pulmonale medeklinker gemaak deur 'n dubbele afsluiting met die tong of die lippe te maak, 'n lae druk te veroorsaak en die afsluiting los te trek.

    Voorbeeldsinne

  1. Druk die knoppie tot jy 'n klik hoor.
  2. Die klik het al my data uitgewis.
  3. In Xhosa is daar drie klikke wat as c, x en q geskryf word, waarvan elk in ses variante uitgespreek kan word.

    Vertalings

  Vertalings:    klik
Engels: click(en)
Nederlands: klik(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  klik 
Verlede Tyd  ek   het geklik        

Werkwoord

    Betekenisse

  1. 'n Geheim oorvertel; iemand verraai.
  2. 'n Kort, sagte klapgeluid maak.
  3. (rekenaarwetenskap) Rekenaarmuis se knoppie druk of op 'n rekenaarskerm druk om 'n keuse uit te oefen.

    Voorbeeldsinne

  1. Kan ons jou vertrou of gaan jy op ons klik?
  2. Moenie so met jou tong klik nie.
  3. Klik op die groen knoppie. Die webblad bied een-klik-toegang tot die inligting wat u benodig.

    Vertalings

  Vertalings:   1. Geheim oorvertel
Engels: click(en)
Nederlands: klikken(nl)
  Vertalings:   2 en 3. Klank; keuse maak
Engels: denounce(en)
Nederlands: klikken(nl)