kruis

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Selfstandige naamwoord

Enkelvoud Meervoud
  kruis     kruise    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  kruisie     kruisies  

Woordafbreking

kruis

    Betekenisse

  1. 'n Plek waar twee of meer paaie of roetes by mekaar uitkom voor hulle verder strek.
  2. 'n Merk van tipies twee strepies wat met mekaar oorvleuel.
  3. 'n Houtkonstruksie bestaande uit 'n vertikale paal wat in die grond geplant is met 'n dwarsbalk daaraan vas waarteen die hande met spykers vasgenael word sodat die arms horisontaal uitstrek, en die voete teen die paal - gebruik om doodstraf toe te dien in die tyd van die Bybel en waarop Jesus Christus bv. gesterf het.
  4. 'n Simbool (in die vorm van die houtkruis hierbo beskryf) wat lojaliteit of eensgesindheid met die Christengeloof aandui.
  5. Die kant van 'n muntstuk waarteen die kop, of beeld wat eie is aan die tipe munt, vertoon word.
  6. 'n Swaar las of lyding wat moontlik verduur moet word.
  7. (musiek) 'n Teken in musiek om 'n noot 'n halftoon hoër te maak.
  8. (biologie) Die deel van 'n dier (of mens) waar die agterpote of bene by die res van die liggaam aanheg.


    Voorbeeldsinne

  1. Daar is 'n kruis in die pad.
  2. Hy het sy steun aangedui met 'n kruis op die stembrief.
  3. Daar was drie kruise op Golgota.
  4. Hulle het hul doelwitte verenig onder die kruis.
  5. Ek het kruis gekies en hy het munt gekies voor ons die muntstuk opgeskiet het om te kyk wie wen.
  6. Hy het 'n swaar kruis om te dra met sy siekte.
  7. In plaas van 'n kriuis het hy 'n mol gespeel.
  8. Hy het 'n besering aan sy kruis opgedoen.

Werkwoord

Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  kruis 
Verlede Tyd  ek   het gekruis        

    Betekenisse

  1. (wiskunde) Twee of meer lyne of kurwes wat mekaar by 'n punt ontmoet maar nie by die punt eindig nie.
  2. Twee of meer paaie of roetes wat mekaar ontmoet en dan verder aangaan.
  3. Wanneer mense mekaar ontmoet of raakloop.
  4. Twee diere of plante wat tussen spesies of rasse geneties met mekaar verbaster deur oorkruis bevrugting.
  5. Die kruis wat 'n Rooms-Katolieke pesroon met die regterhand oor die bors maak as beskerming teen die bose.
  6. Enige voorwerpe só te plaas dat hulle met mekaar oorvleuel.
  7. Heen en weer beweeg vir 'n spesifieke doel.
  8. 'n Tjek beveilig teen vervalsing deur twee parallele lyne met 'n pen daarop aan te bring.

    Voorbeeldsinne

  1. Die twee lyne kruis nie want hulle is parallel.
  2. Waar die paaie kruis vind daar baie ongelukke plaas.
  3. Ons twee se paaie het lanklaas gekruis.
  4. 'n Muil is 'n kruis tussen 'n perd en 'n donkie.
  5. Die man het homself gekruis toe sy vriend die laaste asem uitblaas.
  6. Hy het eers op aandag gestaan maar het later sy arms gekruis.
  7. Hulle het die see oor en oor gekruis om te soek na oorlewendes.
  8. Kruis asseblief die tjek sodat ons nie besteel word nie.


    Vertalings

  Vertalings:   
Engels cross(en)