loop

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Uitspraak

IPA: [lʊəp]

Woordafbreking

loop
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  loop 
Verlede Tyd  ek   het geloop        

Werkwoord

    Betekenisse

Vorentoe beweeg (soos om te stap) of voortgang.

    Voorbeeldsinne

Ek loop elke dag werk toe.
Die rivier loop in die dam in.
Die bus loop elke 15 minute.
Die kar se enjin loop seepglad.

    Vertalings

  Vertalings:    loop
Engels: walk(en)
Nederlands: lopen(nl)
Enkelvoud Meervoud
  loop     lope    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  lopie     lopies  

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. Die handeling van loop.
  2. Rivier of stroom.
  3. Tydperk of proses waartydens iets gebeur.
  4. Voorste gedeelte van 'n vuurwapen waardeur die koeël beweeg.

    Voorbeeldsinne

  1. Toe hy my sien, neem hy die loop.
  2. Die rivier se loop word deur die ruwe landskap bepaal.
  3. As iemand in die loop van die dag vir jou iets as 'n pand gegee het, moet jy dit vir hom teruggee as die son ondergaan.
  4. Maak asb. die rewolwer se loop skoon.

    Sinonieme

2. beek, spruit

    Vertalings

  Vertalings:   1. Die handeling van loop.
Engels: gait(en)
Nederlands: loop(nl)
  Vertalings:   2. Stroom
Engels: course(en)
Nederlands: loop(nl)
  Vertalings:   3. Tydperk of proses waartydens iets gebeur.
Engels: course(en)
Nederlands: loop(nl)
  Vertalings:   4. Voorste gedeelte van 'n vuurwapen
Engels: barrel(en)
Nederlands: loop(nl)