moontlik

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Byvoeglike naamwoord
Trap Predikatief Attributief Partitief
Stellend   moontlik     moontlike     moontliks    
Vergrotend   moontliker     moontlikers  
Oortreffend   moontlikste    
Gesubstantiveer
Enkelvoud Meervoud
  moontlike     moontlikes    
Bywoord
Oortreffend   moontlikstes   
Intensiewe vorm
allermoontlikste

Woordafbreking

moont•lik

Uitspraak

IPA: [moontˈlik]

Byvoeglike naamwoord

    Betekenisse

Wat gedoen kan word of kan gebeur; wat kan wees of word; wat kon gewees het.

    Voorbeeldsinne

Polonium is al ondersoek as moontlike bron vir die verhitting van ruimtetuie.
Dis nie net sommer iets moontliks nie, dit is seker.

    Antonieme

onmoontlik

    Vertalings

  Vertalings:   
Duits: möglich(de)
Engels: possible(en)
Frans: possible(fr)
Nederlands: mogelijk(nl)
Russies: возможный(ru)


Bywoord
moontlik

Bywoord

    Betekenisse

Dui aan dat die sin nie seker is nie, maar wel waar kan wees.

    Voorbeeldsinne

Dit is moontlik die belangrikste rede.

    Sinonieme

miskien, dalk, altemit
  Vertalings:   
Duits: möglicherweise(de)
Engels: possibly(en)
Frans: possiblement(fr)
Nederlands: mogelijk(nl)
Russies: возможно(ru)