skade

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  skade     —  

Woordafbreking

ska•de

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. Verlies of terugslag wat gely word weens omstandighede buite jou beheer.
  2. Digterlik vir skaduwee.

    Voorbeeldsinne

  1. Roodepoort is in 1949 deur 'n geweldige orkaan getref wat baie mense dakloos gelaat en geweldige materiële skade aangerig het.
  2. En blink in die dof-lig en kaal, so wyd as die Heer se genade, lê die velde in sterlig en skade.[1]

    Spreekwoorde

«Met skade en skande van iets afkom.»
Geldelik en sedelik ly.
«Deur skade en skande word 'n mens wys.»
Mens leer uit onaangename ondervinding.
«Ver van jou goed, naby jou skade
As jy nie self jou sake behartig nie, moet jy verliese verwag.

    Vertalings

  Vertalings:    skade
Engels: damage(en), loss(en), harm(en)
Nederlands: schade(nl)

Verwysings

  1. Winternag | deur Eugène Marais