skaduwee

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
'n Skaduwee.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  skaduwee     skaduwees  

Uitspraak

IPA: [ˈskɑːdəviə̯, ˈskɑːrəviə̯], meervoud: [ˈskɑːdəviə̯s, ˈskɑːrəviə̯s]

Met Arabiese letters

سْكَادِڤَِي , meervoud: سْكَادِڤَِیسْ

Spelling tot 1909

skádewé, meervoud: skádewees

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

Donkerte wat ontstaan as ligstrale nie kan deurdring nie.

    Voorbeeldsinne

’n Maansverduistering vind plaas wanneer die maan direk agter die Aarde in sy skaduwee inbeweeg.

    Spreekwoorde

Bang vir sy eie skaduwee (onnodiglik bang wees).
Iemand in die skaduwee stel (iemand oortref).
Soos 'n skaduwee volg (onafskeidbaar wees).
Skyn nóg skaduwee van bewys (hoegenaamd geen bewys nie).
Jy kan nie in sy skaduwee staan nie (nie sy gelyke nie).
'n Boom gooi altyd 'n skaduwee (ouers se 'n invloed is in hul kinders te bespeur).
Niks groei in 'n groot boom se skaduwee nie (mense onder 'n groot persoonlikheid kry dikwels nie kans om self te ontwikkel nie).

    Wisselvorme

skadu, (digterlik:) skade

    Vertalings

  Vertalings:    skaduwee
Arabies: ظلّ (zill) (ar), فيء(ar) (fai')
Duits: Schatten(de)
Engels: shadow(en)
Frans: ombre(fr)
Goties: 𐍃𐌺𐌰𐌳𐌿𐍃(got) (skadus)
Grieks (Dhimotiki): σκιά(el) (skja)
Grieks (Katharewoesa): σκιά(el) (skja)
Herero: omuzire
Interlingue: ombre(ie)
Italiaans: ombra(it)
Kasjoebies: ceniô(csb)
Klingon: QIb
Latyn: umbra(la)
Luxemburgs: Schiet(lb)
Moldawies: umbră
Nederlands: schaduw(nl)
Roemeens: umbră(ro)
Russies: тень(ru) (ten)
Spaans: sombra(es)
Swahili: kivuli(sw), kifuli(sw)
Sweeds: skugga(sv)
Turks: gölge(tr)
Turks (Osmaans): گولگه(osm) (gölge)
Venda: murunzi
Volapük: jad(vo)
Xhosa: isithunzi
Zoeloe: isithunzi(zu)