transformator

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  transformator     transformatore    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  transformatortjie     transformatortjies  

Woordafbreking

trans•for•ma•tor

Uitspraak

IPA: [transformaˈtor]

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

'n Elektriese toestel wat met wisselstroom werk en wat elektrisiteit omskakel van een potensiaalverskil na 'n ander, hoewel die totale elektriese drywing min of meer dieselfde bly ongeag die potensiaalverskil. Dit bestaan uit elektriese wikkelinge vir die onderskeie potensiaalverskille wat gewikkel is om 'n ferromagnetiese kern wat gewoonlik uit 'n ysterlegering bestaan.

    Voorbeeldsinne

Die transformator sal die potensiaalverskil na 'n veilige vlak omskakel sodat dit in die huis gebruik kan word.

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: transformer(en)
Nederlands: transformator(nl)
Russies: трансформатор(ru) (transformater)