vinger

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  vinger     vingers    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  vingertjie     vingertjies  

Uitspraak

Hulp:IPA: [ˈfəŋər]
   
(lêer)

Met Arabiese letters

فِڠِرْ , meervoud: فِڠِرْسْ

Spelling tot 1909

finger, meervoud: fingers

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. Elkeen van die vyf voorlitte van die hand.
  2. Uitsteeksel, uitgroeisel, onderdeel wat deur sy vorm, funksie of plek aan 'n vinger laat dink, na 'n vinger lyk.

    Voorbeeldsinne

'n Mense het vyf vingers: Duimpie (duim), Duimpie se maat (wysvinger), Langeraat (middelvinger), Fiela Vlooi (ringvinger) en Piepie-in-die-kooi (pinkie).

    Spreekwoorde

«Hy verroer nie 'n vinger nie.»
Niks doen om 'n ander te help nie.
«Sy draai hom om haar vinger
Met iemand maak wat jy wil.
«Die vinger op die wond lê.»
Die gebrek, fout presies aandui.
«Gee iemand 'n vinger, dan vat hy die hele hand.»
'n Mens eien hulself graag meer toe.
«Lekker is maar 'n vinger lank.»
Die plesier is van korte duur.
«Tussen vinger en duim wegraak.»
Skelm of ongemerk verdwyn; onopgemerk wegsluip.

    Holonieme

hand, arm, liggaam

    Hiponieme

duim, wysvinger, middelvinger, ringvinger, pinkie

    Afgeleide woorde

vinger-en-duim

    Vertalings

  Vertalings:    vinger
Bulgaars: пръст(bg) (prëst)
Duits: Finger(de)
Engels: finger(en)
Frans: doigt(fr)
Grieks (Dhimotiki): δάχτυλο(el) (dhachtilo)
Grieks (Katharewoesa): δάκτυλος(el) (dhaktilos)
Herero: omunwe
Interlingue: fingre(ie)
Italiaans: dito(it)
Jiddisj: פֿינגער (finger) (yi)
Luxemburgs: Fanger(lb)
Masedonies: прст(mk) (prst)
Ngala: mosapi(ln)
Nederlands: vinger(nl)
Russies: палец(ru) (palets)
Sloweens: prst(sl)
Spaans: dedo(es)
Sweeds: finger(sv)
Turks: parmak(tr)
Turks (Osmaans): پارماق(osm) (parmak)
Venda: munwe
Volapük: doat(vo)
Xhosa: umnwe
Zoeloe: umunwe(zu)


Nederlands (nl)

Enkelvoud Meervoud
Naamwoord vinger m vingers 
Verkleinwoord vingertje vingertjes 
Verouderde vorme
Genitief vingers vingers

Uitspraak

IPA:
Nederlands: [ˈv̊ɪŋər], meervoud: [ˈv̊ɪŋərs]
Belgies: [ˈv̊ɪŋəʀ], meervoud: [ˈv̊ɪŋəʀs]

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

Vinger