vonkprop
Afrikaans (af)
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
vonkprop | vonkproppe |
Uitspraak
Met Arabiese letters
- فَُونْكْپْرَُوپْ , meervoud: فَُونْكْپْرَُوپِی
Selfstandige naamwoord
Etimologie
- Reeds opgeneem in die Verklarende Afrikaanse Woordeboek in die jaar 1936. Heel waarskynlik 'n leenvertaling van spark plug[1], hoewel vonkenbrug ook bekend is in Nederlands.[2] Vonkbrug word egter in Afrikaans gebruik vir spark gap.[3]
Betekenisse
- 'n Propagtige onderdeel van 'n binnebrandenjin wat 'n elektriese vonk veroorsaak om brandbare gas te ontsteek en die masjien te laat loop.
Voorbeeldsinne
- Vonkproppe kan ook soms in ander toepassings aangewend word, soos in industriële oonde waar 'n brandbare mengsel ontsteek moet word.
Vertalings
Vertalings: vonkprop | |||
---|---|---|---|
Meer inligting
- Sien Wikipedia vir meer inligting oor vonkprop.
Verwysings
- ↑ e-HAT, 2009, s.v. leenvertaling
- ↑ etymologiebank.nl: bougie
- ↑ Prinsloo, A.F. Slêng: woorde, uitdrukkings en hul herkoms.