voorstel

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  stel voor   
(in bysin)   ... dat ek  voorstel 
Verlede Tyd  ek   het voorgestel        

Woordafbreking

voor•stel

Werkwoord

    Betekenisse

  1. 'n Idee of plan vir nadenke voorlê; aan die hand doen; mosie indien.
  2. Bekendstel; name met eerste kennismaking uitruil.
  3. Beeld iets uit; 'n voorstelling van iets.
  4. Indink en verbeel; 'n denkbeeld van iets vorm.

    Voorbeeldsinne

  1. Ek hou van jou voorstel, kom ons gaan swem.
  2. Sy het my aan al haar vriende voorgestel.
  3. Die skildery stel die toneel van Die Laaste Avondmaal voor.
  4. Kan jy jou dit voorstel?

    Vertalings

  Vertalings:    voorstel
Engels: propose(en), suggest(en), introduce(en), represent(en), imagine(en)
Nederlands: voorstellen(nl)
Enkelvoud Meervoud
  voorstel     voorstelle    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  voorstelletjie     voorstelletjies  

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. 'n Idee of plan vir reaksie voorlê; wenk; suggestie.
  2. Die voorste deel van 'n rytuig se onderstel.

    Voorbeeldsinne

  1. Die voorstel is op die vergadering aanvaar.
  2. Die motor se voorstel is tydens die ongeluk heeltemal weggeslaan.

    Vertalings

  Vertalings:    voorstel
Engels: proposal(en)
Nederlands: voorstel(nl)