wild

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Wild in hul natuurlike habitat.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  wild     —  

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

Wilde diere wat vry in die natuur voorkom, wat besigtig of gejag kan word.

    Voorbeeldsinne

Ons het baie wild die naweek gesien.

    Afgeleide woorde

wildtuin, wildreservaat, wildplaas, wildbewaarder, wildrit, wilddief

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: game(en)
Frans: gibier(fr) m
Nederlands: wild(nl) o
Byvoeglike naamwoord
Trap Predikatief Attributief Partitief
Stellend   wild     wilde     wilds    
Vergrotend   wilder     wildes  
Oortreffend   wildste  

Byvoeglike naamwoord

    Betekenisse

  1. Ongetem; diere of plante wat nie deur mense mak gemaak of geplant is nie.
  2. Iets woes; nie kalm nie; onbeskaaf.
  3. Iets met 'n skerp geur.

    Voorbeeldsinne

  1. Die dier is wild en onvoorspelbaar. Wilde diere kan onvoorspelbaar wees.
  2. Sy is wild. Sy is 'n wilde meisie.
  3. Die vleis is wild gegeur.

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: wild(en)
Nederlands: wild(nl)


Nederlands (nl)

Enkelvoud Meervoud
Naamwoord wild o

Uitspraak

Hulp:IPA: [ʋɪɫt]
   
(lêer)

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. Diere wat vry in die natuur voorkom; hoofsaaklik: waarop jag gemaak kan word.
  2. Die vrye natuur of wat buite die samelewing plaasvind.

    Eienskappe

Ontelbaar; onsydige kollektivum.

    Voorbeeldsinne

1.: «Zuid-Afrika is beroemd voor zijn wild
Suid-Afrika is beroemd vanweë sy wild.
2.: «FLORA HARLEMICA; of Naemlyst der Planten rondom Haarlem in het Wild groejende.[1]»
Flora Harlemica of lys van plante se name wat rondom Haarlem in die natuur groei.
Byvoeglike naamwoord
Stellend
Onverboë   wild  
Verboë   wilde  
Partitief   wilds    
Vergrotend
Onverboë   wilder  
Verboë   wildere  
Partitief   wilders  
Oortreffend
Onverboë   wildst  
Verboë   wildste  
Bywoord
Oortreffend   het wildst(e)  

Byvoeglike naamwoord

    Betekenisse

Ongetem, buite die menselike samelewing
Onagsaam, gewelddadig

Verwysings