Bespreking:daarom

Page contents not supported in other languages.
Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Ek het net die voorbeeldsin verander om aan te toon dat dit nie 'n voegwoord is nie. (skuus, dis nie reg nie, ek weet) In die meeste grammatika's word dit as 'n bywoord beskou. 'n Voornaamwoordelike bywoord om presies te wees.. Hulle is 'n groep woorde wat in alle Germaanse tale aangetref word (hulle is oud), maar wat in Nederlands en in Afrikaans 'n baie groter rol speel as in Engels of Sweeds. Eintlik 'n te groot rol om hulle as 'bywoorde' af te skeep. Dis hoekom ek die Nederlandse weergawes nou 'n bywoordelike voornaamwoord genoem het. Ek weet nie heeltemal hoe dit in Afrikaans werk nie, maar daar is seker drie daarvan: hierom, daarom en waarom by die meeste voorsetsels; dié wat 'n bywoord vorm. In Nederlands het ons nog die snaakse "er"-vorm erom, wat Afrikaans nie het nie en nog party wat nie as een woord geskryf word nie soos ergens om, nergens om en overal om. Bestaan daar ook hierdie goeters in Afrikaans?

As jy nie saamstem met my neologisme "bywoordelike voornaamwoord" kan ek dit begryp: ek het dit self bedink. Maar laat ons dan die tradisionele benaming "voornaamwoordelike bywoord" aanhou. Jcwf (kontak) 15:34, 25 November 2017 (UTC)[antwoord]

OK, jy het my uitgevang. My woordeboek sê dis 'n voegwoord en die sin is 'n rowwe vertaling vanaf nl.wikt: "Het regende hard en daarom deed ik het raam dicht". Eintlik verstaan ek nie die hele besigheid so lekker nie. Dit lyk ook nie of die woordeboeke mooi weet nie. Ek sal maar later verder oplees. Terloops, dis maar 'n vrotterige sin daai... :-) Groete. Naudefj (kontak) 19:14, 25 November 2017 (UTC)[antwoord]
My woordeboek sê dis 'n voegwoord - Oo, interessant! Watter woordeboek is dit?
Gewoonlik word twee soorte voegwoorde onderskei:
Neweskikkende, waar die woordvolgorde dieselfde bly
Ek is moeg. Ek gaan huis toe. ==> Ek is moeg en ek gaan huis toe.
Onderskikkende voegwoorde waar die een sin 'n bysin-volgorde kry:
Ek gaan huis toe omdat ek moeg is
Indien mens 'n bywoord soos "nou" -of ander goeters- op die eerste plek sit, kry die sin 'n ander volgorde: inversie.
Nou gaan ek huis toe.
In die -tipies?- Nederlandse sin is "en" 'n newenskikkende voegwoord. Die inversie "deed ik" kom van die bywoord(?) "daarom". Natuurlik plak hierdie woord die twee sinne 'n bietjie bymekaar. Dit verwys mos na die vorige sin en dit maak dit 'n bietjie meer as 'net' 'n bywoord. Dit het dus eienskappe van sowel voornaamwoorde as bywoorde.

Jcwf (kontak) 19:54, 25 November 2017 (UTC)[antwoord]

Hier is so 'n paar:
Nuwe Woordeboek sonder grense --> vnw.
Patriot Woordeboek --> byw.
Tesourus: Afrikaanse SkryfGoed --> byw.
HAT Afrikaanse skoolwoordeboek --> voegw.bw.
HAT 2 --> byw. / vnw.
HAT 6 --> bw., vnw. en voegw.bw.
Groete. Naudefj (kontak) 20:08, 25 November 2017 (UTC)[antwoord]