Bespreking:ic

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Jump to navigation Jump to search

-s/sijns by 3e persoon, onsydig, enkelvoud, genitief?[wysig]

Goeienaand, almal.

Gister het Middelnederlands: 'n Eerste kennismaking (1982) deur G.J. de Klerk vir my by die poskantoor gewag, en natuurlik is ek nou besig met hom.

Ek merk daar is 'n leemte in hierdie Wiki-artikel in die tabel 3e persoon, onsydig, enkelvoud, genitief. Op bladsy 85 van die handboek word onder hoofstuk 10, "Die voornaamwoorde", -s, sijns aangegee. Sou dit korrek wees? Suidpunt (kontak) 21:14, 16 Desember 2017 (UTC)

Die klitiese vorm -s staan wel in die tabel. Of die beklemtoonde vorm sijns ook vir die neutrum voorkom weet ek nie. Ek het glo gelees dat dit nouliks voorkom, maar my kennis van dum is baie beperk. Ek weet nogtans dat klitiese vorme 'n baie groot rol gespeel het en dit is vandag in Nederlands nog die geval, hoewel ons skoolmeesters al 400 jaar probeer om dit as minderwaardig voor te stel. (Daarom word vorme as 'k, 'm, 'r, 't d'r, m'n, z'n ens. dikwels nie in die skryftaal genoteer nie..)

Dan is daar nog iets: naas "si" by 3e persoon, vroulik, nominatief, enkelvoud word ook "soe" aangegee...? Suidpunt (kontak) 21:17, 16 Desember 2017 (UTC)

Ja in tekste uit Vlaandere. [1]

En nog 'n probleem - In 'n voetnota word geskryf: Ju, (j)ou word in die dat./akk. meervoud gebruik naas u. Suidpunt (kontak) 21:20, 16 Desember 2017 (UTC)

Die Zwin vandag met hoog water; by eb staan dit hoofsaaklik droog. Dis 'n natuurgebiedjie op die grens van Nederland en Vlaandere. n Mooi stukkie drasland met baie voëls
Ek wil dit glo: maar in watter dialek en tyd? Is "ju" Hollands dalk? Vergeet nie dat dit geen gestandardiseerde taal was nie, hoewel die hertoë in Dijon begin het om dit na te streef. Ek dink dat jy baie wisselvorme kan aantref. 'n Ander punt is dat Holland lank 'n nouliks bewoond moeras gewees het, behalwe 'n stad soos Dordrecht of Geertruidenberg in die suide. Die meeste handskrifte kom van Vlaandere of Brabant.Jcwf (kontak) 21:37, 16 Desember 2017 (UTC)
Baie dankie, Jcwf.
Ek betree werklik 'n onbekende terrein en ek kan moeilik kritiek lewer. Wat ek hier voor my het, is nooit met ons op universiteit behandel nie (ek probeer juis nou inhaal...).
Daar staan inderdaad op bl. 9: "Voor die vyftiende eeu is Holland kultureel onbeduidend. Indien werke wat onder Vlaams-Brabantse invloed gestaan het, buite rekening gelaat word dan is daar maar 'n skrale oes voor die sestiende eeu. Drie name kan darem genoem word: Boudewijn van der Lore... Willem van Hildegaersberch... en Dirc Potter".
Verder sê De Klerk ook Brugge was die vernaamste kultuursentrum, maar twee rampe tref die plek. Die Vlaamse Patrisiërs en die Voetvolk (na afloop van die Guldensporenslag) het tot verdeeldheid gelei - en hierdie breuk kon eenvoudig nie herstel nie. En die Zwin rivier het teen 1425 so toegeslik dat die handelsvaartuie nie meer Brugge kon bereik nie. So het Antwerpen die swaartepunt van Wes-Brabant oorgeneem (p. 7-8).
Ek sal bietjie verder moet gaan delf. Suidpunt (kontak) 21:50, 16 Desember 2017 (UTC)

Symbol redirect arrow with gradient.svg Verwysings[wysig]