Gebruiker:Suidpunt/Sandput

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Van den Vos Reynaerde is 'n voorbeeld van letterkundige werke in dertiende-eeuse Wes-Vlaams (De Klerk, 23).

Vers Oorspronklike teks Vertaling Bron
62 Isingrijn ende sine maghe Isengrijn en sy bloedverwante De Klerk 1982, 89
105-106 hem Reynaert, die felle man,

Die selve worst stal ende nam.

En dié het Reynaert, die bose man van hom weggesteel De Klerk 1982, 223
113 Hoe wi ons best ghewreken …wraak kon volvoer De Klerk 1982, 113
173 Also behoude mi God mijn leven. Mag God so my lewe vir my bewaar/behou! De Klerk 1982, 214
183 Verstaet, neemt miere talen goem: Verstaan dit, slaan ag op my woorde De Klerk 1982, 89
284-285 Saghen si van berghe te dale

Canticler commen ghevaren

Het hulle gesien van bo af ondertoe Canticleer aankom. De Klerk 1982, 170
292 Sine vederen zeere slaende. (terwyl hy) sy vere hewig slaan. De Klerk 1982, 169
572 Nochtan als icse hebbe binnen, Nogtans, as/wanneer ek dit (heuningkoeke) geëet het. De Klerk 1982, 174
580 Reynaerd, helpt mi, dat ics ghewinne. Reynaert, help my dat ek daarvan in die hande kry. De Klerk 1982, 174
600 Ic haet al up teenen male.’ Ek sou dit alles op een slag opeet. De Klerk 1982, 214
644 Al sprekende quam dus gheloepen Al sprekende het dus aangeloop gekom De Klerk 1982, 170
691 Sal hem niet ghehelpen moghen. Sal hom glad nie kan help nie = klaar help De Klerk 1982, 193
710 Hevet lamfroyt den beere versien Het Lamfroyt die beer (behoorlik) gesien = volkome gewaar De Klerk 1982, 193
774 Sulc dreechdem nu an sijn vel Menigeen het hom gedreig wat sy lewe betref. De Klerk 1982, 95
805 Ander wijf ende ander man (Nog) ander vrouens en ander mans De Klerk 1982, 95
921 Hoe es di dese beere ontgaen, Hoe het hierdie beer jou nie ontglip/ontkom nie = ‚volledig weggekom‘ De Klerk 1982, 193
1096 ... het dinct mi beter ghedaen dit lyk my beter om te doen De Klerk 1982, 170
1134 Ic minne muse voer alle saken. ... bo alles De Klerk 1982, 94
1148 ‘In doe, Reynaert, (in = ic ne) Dit doen ek nie, Reynaert De Klerk 1982, 216
1226 Ende Tybeert stont ende ghal En Tibeert het gestaan en gil - (het bly staan en gil) De Klerk 1982, 192
1231 Na minen wane So meen ek De Klerk 1982, 89
1398 Quame ic danen, het ware gheval. Dit sou 'n buitekansie wees indien ek daarvandaan (ongeskonde) sou (weg)kom. De Klerk 1982, 214
1402 Dan het al verloren ware: As wat dit alles verlore sou gaan De Klerk 1982, 95
1409 Dat ghire wale pleghet nu. Sodat u nou goed vir hulle sal sorg De Klerk 1982, 195
1496-1497 Eer hi doe conste in corten woerden

Ghespreken:

... klaar kon praat De Klerk 1982, 113
1648 Nochtan, al dat ic nye ghewrochte Nietemin, vir alles wat ek hom ooit aangedoen het De Klerk 1982, 94
1702 - 1703 ‘Te ghenen hove waert,

So leghet onse rechte strate.’

By daardie kloosterwerf loop ons regte pad verby. De Klerk 1982, 91
1823 Was hi te blauwen of versproken Was hy (terdeë) afgeransel en bespot De Klerk 1982, 193
1885 Nu gaet Reynaerde al huten spele. Nou word die saak vir Reynaert bitter ernstig De Klerk 1982, 174
1988 Al ware hu lief mijn grote scade Al was my ondergang vir ú aangenaam / Al sou my ondergang vir ú aangenaam wees De Klerk 1982, 214
2081 Dat ic dat vleesch mede ontgan. Dat ek die vleis begin proe/begin kou het. De Klerk 1982, 193
2193 ... som van minen liefsten maghen ... sommige van my liefste bloedverwante De Klerk 1982, 152
2731 Yet langhe verbannen?’ Lankal... De Klerk 1982, 176
2814 Ende hi bleef sittende up die galghe. En hy het bly sit op die galg. De Klerk 1982, 170
2953 Hadde een man alleene ghedaen Al sou 'n mens alleen gepleeg het (…) De Klerk 1982, 95
3052 Dat hem somen zeere ontfaremde. Dat dit sommige van hulle baie ontroer het De Klerk 1982, 95
3460 Dit neemt ende leeft met ghenaden, Neem dit aan en leef in die koning se guns De Klerk 1982, 214


As jy ook eers gewoond is aan die Duitse/Afrikaanse werkwoord wat permanent laaste in die sin moet staan [ek haat die tangkonstruksie wat die Afrikaanse werkwoord na die middel van die sin skuif], gaan jy soos 'n oorywerige laerskoolprefek die stout Deense werkwoord hardhandig uit die ry pluk en heel agter laat staan. Byvoorbeeld:

Hun og far har arbejdet sammen om mange projekter. (1)
She and Dad have worked together on many projects. (2)
She and Dad work together on a lot of projects.(3)
Sy en Pa het vele projekte saam aangepak.(4)
(1) Uit die Deense vertaling "Varulven fra febersumpen"
(2) My letterlike vertaling in Engels om die "Engelse" sinsbou bloot te lê.
(3) Die oorspronklike sin uit "Werewolf of Fever Swamp" deur R.L. Stine
(4) My vertaling van die Deense vertaling.

Tog lees eenvoudige en kort sinne soos die volgende heel gemaklik:

Efter en halv time loggende han ud og slukkede computeren. - Vredens tid
Na 'n halfuur teken hy uit en skakel die rekenaar af.