Sjabloon:-af-b.nw-

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Byvoeglike naamwoord
Trap Predikatief Attributief Partitief
Stellend                  

Sien ook {{-af-b.nw2-}} en {{-af-b.nw3-}}.

Parameters
1: Die vorm wat die woord het as deel van die predikaat, as attribuut ná 'n naamwoord, of as bywoord, bv. Hierdie dag is heeltemal te lank; Die wind is koud; Die windjie, koud en skraal, sny deur haar trui; Die wind waai koud om die huis.
2: Die vorm (gewoonlik met -e) wat die woord het as attribuut voor 'n naamwoord, bv. Die lang pad; Die koue wind.
3: Die partitiefvorm (ook genoem partitief-genitief) met -s wat dit het ná woorde soos "iets" of "niks", bv. Wil jy iets kouds drink?
Opsioneel
4: Die vergrotende trap met -er, bv. Dit is langer as wat ons verwag het; Die langer pad; Die bier is kouer as die koeldrank.
5: Die partitiefvorm van vergrotende trap met -ers, bv. Het jy niks langers nie?; Het jy nie iets kouers om te drink nie?
6: Die oortreffende trap met -ste bv. Daardie pad is die langste; Die koudste bier.
Opsioneel
7,8: Gebruik as selfstandige naamwoorde, bv. Hy is die lange; Hulle is die langes; Die koue het ons onkant betrap; Daar is drie koues in die yskas.
9: Die oortreffende trap as bywoord gebruik: Hy het die langste uitgehou; Die wind waai vandag die koudste nog hierdie winter.
Opsioneel
10: intensiewe vorms: lewenslank, yskoud
  1. In Afrikaans het nie alle b.nwe. 'n aparte attributiewe vorm nie, soos "dit is groot, 'n groot ding". Herhaal asseblief "groot" vir parameter 2.
  2. Die partitiefvorm op -s word ook nie baie gebruik nie. Indien dit nie voorkom nie, gebruik "—" as inskrywing.
  3. Vergrotende en oortreffende trappe bestaan ook nie vir alle b.nwe. nie. Laat hulle leeg, sodat dit nie in die tabel vertoon word nie.