Wiktionary:Selfstandige naamwoord: Verskil tussen weergawes
No edit summary |
No edit summary |
||
Lyn 1: | Lyn 1: | ||
{{Wikipedia}} |
|||
'n '''Selfstandige naamwoord''' is 'n [[woordsoort]] of frase wat na 'n persoon, plek, ding, gebeurtenis, voorwerp of eienskap verwys. |
'n '''Selfstandige naamwoord''' is 'n [[woordsoort]] of frase wat na 'n persoon, plek, ding, gebeurtenis, voorwerp of eienskap verwys. |
||
Wysiging soos op 12:27, 25 Oktober 2017
'n Selfstandige naamwoord is 'n woordsoort of frase wat na 'n persoon, plek, ding, gebeurtenis, voorwerp of eienskap verwys.
Dit word meestal gekenmerk deurdat hulle in meervoude omgesit kan word deur die byvoeging van 'n agtervoegsel en in sekere gevalle dat hulle 'n geslag kan aandui. Die beste manier om 'n selfstandige naamwoord te identifiseer is om te onthou dat dit meestal iets fisies aandui bv. 'n baksteen. Slegs selfstandige naamwoorde kan in die meervoud geskryf word.
Die maklikste metode wat op skool geleer word om 'n selfstandige naamwoord uit te ken is as volg: As jy 'n lidwoord (m.a.w.) Die of 'n voor die woord kan sit, dan is dit 'n selfstandige naamwoord.
Soorte
Daar is 5 soorte selfstandige naamwoorde.
Eiename
Name van plekke en mense, dit word altyd met 'n hoofletter geskryf bv. Pretoria, Johannesburg, Pieter van der Merwe.
Versamelname
Dit dui 'n groep soortname aan, bv, 'n swerm bye, 'n skool visse.
Stofname
Name van elemente en stowwe, Bv. goud, koper, lood.
Soortname
Name van soorte en dinge, bv. honde, katte, skape, tafel, eetlepel.
Abstrakte selfstandige-naamwoorde
Name wat dinge beskryf wat ons nie met die blote oog kan sien nie, maar nog steeds 'n lidwoord voor aan kan voeg (o.a. emosies), bv. liefde, haat, ens.
Bepaaldheid
In Afrikaans kan 'n selfstandige naamwoord bepaald of onbepaald wees. Die lidwoorde "die" en "'n" word gebruik om dit aan te gee:
- Ek sien 'n perd -- onbepaald
- Ek sien die perd -- bepaald
In die meervoud word nogtans geen onbepaalde lidwoord gebruik nie:
- Ek sien perde -- onbepaald
- Ek sien die perde -- bepaald
In ander tale kan dit anders wees. Daar is tale soos Skots-Gaelies of Grieks wat net bepaalde lidwoorde het en daar is ook tale soos Latyn of Russies wat heeltemal geen lidwoorde het nie. In hierdie tale bestaan die verskil tussen bepaald en onbepaald glad nie.
Telbaarheid
Die meeste selfstandige naamwoorde is telbaar en het 'n meervoud:
- Een perd - twee perde
Daar is egter ook woorde wat ontelbaar is en wat geen meervoud het nie:
- die melk -
die melke
In die onbepaalde geval bly hulle sonder lidwoord:
- Ek drink melk.
Hulle word dikwels saam met 'n woord gebruik wat 'n hoeveelheid aangee:
- Drink 'n glas melk!
In ander tale is daar soms naas 'n enkel- en 'n meervoud ook 'n tweevoud of selfs 'n drie- of weinigvoud.