Wiktionary:Formaat: Verskil tussen weergawes

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Content deleted Content added
Lyn 34: Lyn 34:


===Woordafbreking===
===Woordafbreking===
Sommige tale, soos Nederlands en Afrikaans het 'n gereguleerde spelling en ook 'n gereguleerde manier om woorde af te breek. (Engels het dit byvoorbeeld nie.) Indien dit bekend is kan hier die afbreking gewys word. Gebruik asseblief mid·del·pun·te daarvoor. Agter die sjabloon "woordafbreking" kan dit aangekliek word.
:Sommige tale, soos Nederlands en Afrikaans het 'n gereguleerde spelling en ook 'n gereguleerde manier om woorde af te breek. (Engels het dit byvoorbeeld nie.) Indien dit bekend is kan hier die afbreking gewys word. Gebruik asseblief mid·del·pun·te daarvoor. Agter die sjabloon "woordafbreking" kan dit aangekliek word.


==Woordsoort-sjablone==
==Woordsoort-sjablone==

Wysiging soos op 23:02, 7 Februarie 2018

Ons probeer om alle bladsye dieselfde formaat te gee, maar daar is baie verskillende soorte inligting wat op 'n bladsy kan verskyn en dit beteken dat 'n bladsy selde alle opsies werklik sal vertoon of gebruik. Kyk gerus onder "Hoe om ’n nuwe bladsy te skep" om te sien hoe 'n minimale bladsy uitsien. Hierdie bladsy wil probeer om die gebruikte formaat volledig(er) te beskryf. Vandag, 7 Februarie 2018 kan ons ook seker nie sê dat ons formaat nooit meer gewysig gaan word nie. Daar gaan dalk nog wysigings kom.

Die hulp onder die bewerkingsblad

Indien jy 'n bladsy oopmaak vir bewerking is onder die blad links 'n vakkie met ↓. Kies "Wiktionary" en dit toon die belangrikste sjablone in die juiste volgorde in blou, wat gedruk kan word om hulle op die bladsy te sit.

Hooftaalsjablone

Die meeste inskrywings behoort tot 'n bepaalde taal en sal gewoonlik begin met 'n hooftaalsjabloon soos {{=af=}}, {{=ru=}}. (Die Afrikaanse, Engelse en Nederlandse sjablone word agter Taal: gewys.)
Uitsonderings is internasionale simbole, soos letters van 'n alfabet of Chinese karakters ens. Op hierdie punt is ons formaat nog taamlik onseker.

Kategorieë

Die hooftaalsjabloon sit die bladsy in 'n kategorie "Woorde in taal".
Dit kan ook die woordlengte tel indien dit in die hooftaalsjabloon so gedefinieer is. Die telling kan dikwels ook uitgeskakel word deur byv. {{=nl=|telling=0}} te skryf. Dit is nuttig vir vervoegingsbladsye soos hebben (vervoeging) wat anders as baie lang 'woorde' getel

Woord(blokkie)-sjablone

Die volgende sjabloon skep gewoonlik 'n blokkie regs op die bladsy met die woord en sy vorme, soos die meervoud of die voltooide tyd. Die sjablone daarvoor is taalspesifiek en da gewoonlik name soos -af-s.nw- of -nl-ww- vir 'n Afrikaanse selfstandige naamwoord of Nederlandse werkwoord. Kyk asseblief op de beskrywingsblad van die sjabloon hoe dit gebruik word. Dit kan baie verskil.

Die eenvoudigste woordblokkie is die sjabloon -woord-.

Die woordblokkie-sjabloon sit gewoonlik die woord nog in ander kategorieë soos "selfstandige naamwoorde in Afrikaans".

Topvlak-sjablone

Etimologie

Hierdie opskrif is opsioneel. Gee asseblief 'n geldige verwysing vir die inligting wat jy hier wil verskaf. Jy kan sjablone soos dum, odtpgm en pie gebruik wat na Middelnederlands, Oudnederlands, Proto-Germaans en Proto-Indo-Europees verwys. Daar is ook erfwoord en leenwoord wat net die woord in kategorieë soos "Leenwoord uit Russies in Afrikaans" sit.

Uitspraak

Hierdie opskrif is opsioneel vir Afrikaans, maar vir tale soos Nederlands, Frans, Engels ens. is daar dikwels inligtings voorhande soos 'n klanklêer of 'n IFA-weergawe. Hulle kan eenvoudig ingesluit word met die sjabloon woordklank as {{woordklank|ipa=|t=|o=}} ipa gee die fonetiese skrif, dit behoort die taalkode te kry en o= kry 'n waarde indien 'n klanklêer voorhande is. Met pl= kan 'n plek aangegee word en met w= 'n ander lêernaam indien dit afwyk.

In beginsel kry ieder woord -ook woordvorme soos "perde" of "goeie" hul eie bladsy en hulle uitspraak kan daar beskryf word. Daar is nogtans talle bladsye nou waar die uitspraak van alle vorme beskryf word. Die uitspraak van "goeie" staan dus op die bladsy van "goed". Op ander wikti's is dit nie gebruiklik nie en ons het nog nie besluit wat om daarmee te doen nie.

Ongelukkig ontbreek vir Afrikaans amper alle klanklêers en is ook 'n goeie bron vir IPA-beskrywings moeilik om te vind.

Woordafbreking

Sommige tale, soos Nederlands en Afrikaans het 'n gereguleerde spelling en ook 'n gereguleerde manier om woorde af te breek. (Engels het dit byvoorbeeld nie.) Indien dit bekend is kan hier die afbreking gewys word. Gebruik asseblief mid·del·pun·te daarvoor. Agter die sjabloon "woordafbreking" kan dit aangekliek word.

Woordsoort-sjablone

'n Woordsoortsjabloon is verplig. Dit sal dikwels -s.nw-, -b.nw- of -ww.- wees maar daar is ander woordwoorde soos -telw- of -bywd-.

Beskrywings-sjablone

betekenisse

Die eerste beskrywings-sjabloon is betekenisse en dit is ook verplig
Vir 'n Afrikaanse woord word dit gevolg deur 'n kort beskrywing van wat hierdie woord beteken. (Nie: deur 'n ander sinoniem woord nie.)
Vir ander tale kan die H-sjabloon gebruik word om dit na die Afrikaanse bladsy te skakel, of die A-sjabloon indien dit op dieselfde bladsy staan. (Dit gebeur dikwels vir Nederlands). Dikwels is dit gewens om na hierdie sjablone nog 'n kort definisie te gee, veral indien die Afrikaanse woord meer as een betekenis het.
Eindig 'n definisie asseblief met 'n punt . Dit help google en ander grotes om ons bladsy te indekseer en vindbaar te maak.


meer betekenisse

Indien daar net een betekenis is, begin die beskrywing met :
Indien daar meer as een betekenis is, begin die beskrywing met #
Die # is nodig om die na die verskillende definisies eenduidig te kan verwys, byvoorbeeld in die voorbeeldsinne of in die vertalings
'n Beskrywing kan voorafgegaan woord deur 'n konteks-sjabloon soos medies of biologie indien die woord in hierdie konteks 'n besondere betekenis het. Hierdie sjablone heg kategorieë aan die bladsy.

eienskappe

Hierdie opskrif is opsioneel, maar stel die skrywer in staat om die verskillende woordbetekenisse beter te beskryf. 'n Werkwoord kan byvoorbeeld dikwels oordragtelik maar ook onoordragtelik gebruik word en het dan ander betekenisse. Of in een betekenis is 'n woord deftig, maar nie in die ander een nie.

voorbeeldsinne

Voorbeeldsinne het talle funksies.
  1. Dit dokumenteer die bestaan en gebruik van 'n woord en maak ons leksikografiese werk verifieerbaar.
  2. Dit demonstreer hoe' die word gebruik word
  3. Dit verduidelik die woord-beskrywings
  4. Dit help mense baie wat probeer om die taal te leer. (Taalverwerwing is altyd kontekstueel).
Indien die woord algemeen bekend is, kan ons self sommer 'n sinnetjie bedink, maar indien dit seldsame of verouderde woorde betref of 'n besondere gebruik daarvan is 'n sitaat met 'n goeie verwysing 'n groot verbetering van bladsy se kwaliteit.
Indien die woord meer as een betekenis het, gebruik asseblief dieselfde nummering wat by die definisies gebruik is.
Vir voorbeelde in vreemde tale het ons die byv-2-sjabloon, waarin die voorbeeld saam met sy vertaling weergege kan word.
Die beskrewe woord behoort 'vet gewys te word, ook sy vertaling indien dit moontlik is. (Soms is 'n direkte vertaling mos nie moontlik nie.)

-nieme

Woorde het dikwels -maar nie altyd nie- sino-, anto-, hipo-, hipero-, mero- of holonieme of daar is woorde wat van die woord afgeleid is of daaraan verwant is. Die opskrifte hiervan is lamal opsioneel maar wel nuttig omdat dit die verskillende woorde van ons woordeboek aan mekaar verbind en dit mense help om dié inligtings te vind wat hulle soek. Dit is die groot opdrag van alle wikimedia: inligtings toeganklik maak.
Gewoonlik kan onder 'n "-nieme" kop 'n : volg met 'n party woorde in wikihake. Indien dit te lang word sal ons dalk tabelle moet maak wat oopgemaak kan word.

Vertaal-sjablone

Hierdie sjablone word alleen vir Afrikaanse woorde gebruik en begin met -vert-. Indien daar meer as een betekenisdefinisie is, vul asseblied die titel= parameter van die vert-bo sjabloon in met sowel die nummertjie van die definisie as 'n kort herhaling van die definisie. Hierdie dubbele verwysing voorkom verwarring van die vertalings indien later nog 'n definisie toegevoeg word sonder wysining van die vertalings. Daar is nog talle vertalingsblokke wat met nummertjies werk en dit moet nog verander word. Ieder definisie behoort sy eie vertalingsblok te hê, anders ontaan daar verwarring. (Ander wikti's het baie slegte ervarings.)