Voor die inwerkingtreding van die VBW, het ons gemenereg bepaal dat `n verhuurder die huurder aanspreeklik mag hou in die geval van kontrakbreuk, vir onder andere, agterstallige huurgeld, skade aangerig aan die eiendom, asook die maandelikse huur betaalbaar vir die periode waartydens die verhuurder nie `n nuwe huurder kan kry nie.[3]