Gaan na inhoud

aanvaar

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
(klemtoonhomogram)
  1. Aanvaar
  2. Aanvaar
   
(lêer)


Tydvorm Persoon Woordvorm  
Teenwoordige Tyd  ek aanvaar   
(in bysin)   ... dat ek aanvaar  
Verlede Tyd  ek  het aanvaar  
Onbepaalde wys om te aanvaar   
Teenwoordige deelwoord aanvaardende   
Verlede deelwoord aanvaarde   
  1. Om in besit te neem.
  2. Om 'n bepaalde amp of taak op te neem.
  3. Bereid wees om te berus in iets; nie daarteen stry nie; daarmee saamgaan.
  1. Sy het die geskenk aanvaar.
  2. Hy aanvaar die amp as voltydse redakteur van die Kerkbode.
  3. Huxley was traag om sekere van Darwin se idees te aanvaar, maar het Darwin heelhartig in die openbaar ondersteun.

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: accept(en)
Nederlands: aanvaarden(nl):Nederlands: accepteren(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm  
Teenwoordige Tyd  ek vaar aan   
(in bysin)   ... dat ek aanvaar  
Verlede Tyd  ek  het aangevaar  
Onbepaalde wys om aan te vaar   
Teenwoordige deelwoord aanvarende   
Verlede deelwoord aangevaarde   
  1. 'n Hawe besoek; aandoen.
  2. Stamp; teen 'n ander skip of ander ding vaar.
  1. Hulle moes by Kaapstad aanvaar om vars water en vrugte te laai.
  2. Daar was 'n gevaar om deur die digte mis aangevaar te word.

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: sail(en)
Nederlands: aanvaren(nl)