Gaan na inhoud

baan

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Enkelvoud Meervoud
  baan    bane    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  baantjie     baantjies  
  1. Deel van 'n pad; een helfte van 'n pad, bedoel vir verkeer in een rigting
  2. (sport) Die plek waar 'n sport gespeel word
  3. (astronomie) Die stel posisies waardeur 'n voorwerp of hemelliggaam beweeg
  1. Gestel daar is 'n botsing en die baan is toe.[1]
  2. Die baan en posisies: Die netbalbaan is 30 m lank en 15 m breed.[2]
  3. Die bokant van die vuurpyl is vol fyn buskruit gestop, en as alles goed afgeloop het, sou die projektiel ontplof wanneer dit naby die toppunt van sy baan kom.[2]

    Holonieme

  1. Pad

    Meronieme

  1. Laan
  1. Loopbaan
  2. Wentelbaan
«baan maak»
plek maak, opsy gaan
«baan breek»
nuwe paaie oopmaak
«'n baan opskop»
lawaai maak
«iets op die lang baan skuif»
iets onbepaald uitstel
«baantjies vir boeties»
nepotisme

    Vertalings

  Vertalings:   1. sport
Engels: course(en)
Nederlands: baan(nl) v/m
  Vertalings:   2. astronomie
Engels: course(en), trajectory(en), orbit(en)
Nederlands: baan(nl) v/m
  Vertalings:   3. padverkeer
Engels: section(en)
Nederlands: weghelft(nl) v/m
Tydvorm Persoon Woordvorm  
Teenwoordige Tyd  ek baan  
Verlede Tyd  ek  het gebaan      
Verlede deelwoord gebaande   
die weg ~: om die fondament te lê; om 'n pad oop te maak
Dit kan die weg baan vir verdere bespreking.[2]

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: lay(en) the groundwork
Nederlands: een weg banen(nl)