Gaan na inhoud

boeket

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
'n Boeket 1)
Enkelvoud Meervoud
  boeket    boekette    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  boeketjie     boeketjies  
Sedert omtrent 1480 in Middelnederlands as boeckeetken 'bundeltjie blomme' bekend. Van Frans bouquet wat van boscet 'bossie' kom. Bosc kom van Oudnederlands of Proto-Germaans *buska- 'bos'. In die betekenis 'aangename geur' is dit eers omtrent 1889 uit Frans geleen.[1]
   
(lêer)
boe•ket
  1. 'n Versameling blomme in 'n kreatiewe rangskikking wat 2) versprei (of nie)
  2. 'n Aangename geur
  1. Maak jou liefling gelukkig en verhelder hul dag met 'n lewendige en vreugdevolle boeket gemengde kleurvolle Gerberas en vars groenigheid.[2]
  2. Die wyn het 'n diep robynrooi kleur met 'n boeket van wilde kaneel, potloodskaafsels en geurige note van speserye en swartpeper.[3]

    Vertalings

  Vertalings:   1. Versameling blomme
Engels: bouquet(en)
Nederlands: boeket(nl) o
  Vertalings:   2. Aangename geur
Engels: bouquet(en)
Nederlands: boeket(nl) o