Gaan na inhoud

bruidskat

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Enkelvoud Meervoud
  bruidskat     
Baie bruidskat betaal vir die begaafde jong Zoeloe-meisie. (bride's money, bride wealth, dowry, lobola)

    Sinonieme

lobola, bruidsprys

{{Lobola/Bruidskat is die voorsiening van geskenke aan die ouers van die bruid, gewoonlik in die vorm van kontant of arbeid (wat oor 'n tydperk afbetaal kan word, soos die geval was met Jakob wat vir 14 jaar lank vir Laban se twee dogters gewerk het) of vee, is 'n verskanste deel van die huwelik in dele van Suider-Afrika. Die tradisionele huwelik vereis albei ouers se instemming en betaal van lobola/bruidskat. Lobola/Bruidskat dien bes moontlik 'n hele paar doele in die Suider-Afrikaanse gemeenskap, sowel materieel (in terme van verspreiding van sowel produktiewe as verbruikbare bronne), simbolies (verbandhoudend met die bou van sosiale identiteit, veral seksuele en geslagsidentiteit, maar ook die oorskakeling na volwassenheid) en om die aard van verhoudings tussen mense te vestig.}}