elektrovalensie

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  elektrovalensie      

Woordafbreking

elek•tro•va•len•sie

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

(chemie) 'n Tipe chemiese binding wat die oordrag van een of meer elektrone van een atoom of molekuul na 'n ander behels, wat tot elektrostatiese aantrekking tussen die gevormde ione lei.[1]

    Voorbeeldsinne

Elektrovalensie bestaan nooit in sy suiwer vorm nie, want chemiese binding het altyd 'n kovalente bydrae.

    Eienskappe

Hierdie woord word selde gebruik, omdat dit op die verouderde begrip valensie gebaseer is.

    Sinonieme

ioonbinding

    Antonieme

kovalensie

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: electrovalency(en)
Nederlands: elektrovalentie(nl)

Verwysings

  1. Woordeboek van die Afrikaanse Taal