Gaan na inhoud

hael

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Enkelvoud Meervoud
  hael     
  1. (weer) korrels ys wat uit die wolke val
  2. (militêr) 'n versameling stukkies metaal – dikwels lood – wat in plaas van 'n koeël gebruik word om 'n skoot af te vuur
  1. Die hemel het sy sluise die afgelope twee dae oor die dorre Vrystaat oopgemaak en skouspelagtige tonele veroorsaak met hael wat in sommige gebiede geval het.[1]
  2. Slegs #7 tot #9 hael mag gebruik word in SAJWV haelgeweerskietoefeninge, met 28 gram ladings die maksimum wat toegelaat sal word. Hierdie reël moet streng toegepas word omdat die gebruik van groter hael baie gevaarlik word vir uitval- en die skietafstand van die skoot. [2]
  1. Haelbestryding, haelbui, haelkorrel, haelskade, haelsnoer, haelsteen, haelstorm, haelversekering,haelwit
  2. Haelboor, haelgeweer, haelgeweerloop, haelgeweerskoot, haelpatroon, haelpatroondop, haelpatroonnommer, haeltjie
Tydvorm Persoon Woordvorm  
Teenwoordige Tyd  dit hael  
Verlede Tyd  dit  het gehael        
Die val van hael
Dit het ongeveer 15 minute aaneen op die plaas Witkei gehael.[3]