hamer

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
[1] 'n Hamer (klouhamer).

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  hamer     hamers    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  hamertjie     hamertjies  

Woordafbreking

ha•mer

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. (gereedskap) Werktuig waarmee gekap en geslaan word.
  2. (anatomie) Een van die gehoorbeentjies in die oor.
  3. Onderdeel van 'n klavier wat die snare slaan as die toetse afgedruk word.
  4. Slagmeganisme van 'n vuurwapen wat die koeël laat ontbrand.

    Voorbeeldsinne

  1. Hy probeer die hamer so hard as moontlik op die spyker se kop te slaan, maar tref per ongeluk sy duim.
  2. Die hamer het 'n belangrike funksie by die oordrag van klank in die oor.
  3. Wanneer die hamers nader aan die snare is sal die klavier sagter speel.
  4. As die sneller getrek word ontkoppel die hamer van die glipnok, die hamer beweeg vorentoe en slaan die rondte se slagdoppie waarop die wapen vuur.

    Holonieme

2.: middeloor

    Hiperonieme

2.: gehoorbeentjie.

    Vertalings

  Vertalings:    hamer
Engels: hammer(en)
Nederlands: hamer(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  hamer 
Verlede Tyd  ek   het gehamer        

Werkwoord

    Betekenisse

  1. Met 'n hamer kap/inslaan.
  2. Swaar nadruk op iets lê.

    Betekenisse

  1. Hy hamer nog 'n paar spykers deur die hout.
  2. Die onderwyser het so die onderwerp gehamer dat die kinders 'n paar vrae daaroor verwag het.

    Vertalings

  Vertalings:    hamer
Engels: hammer(en)
Nederlands: hameren(nl)

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor hamer.