hoor

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Spits jou ore.

Afrikaans (af)

Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  hoor 
Verlede Tyd  ek   het gehoor  
Onbepaalde wys te hore       

Woordafbreking

hoor

Werkwoord

    Betekenisse

Klanke met die ore waarneem sonder om noodwendig te luister (aandag te skenk).

    Voorbeeldsinne

Doofheid is 'n onvermoë of verminderde vermoë om te hoor, oftewel ouditiewe inligting waar te neem.

    Spreekwoorde

'n Voëltjie hoor fluit ('n gerug gehoor).
Jy kan 'n speld hoor val (baie stil).
Jy sal nooit die end daarvan hoor nie (sal aanhou gespot of verwyt word).
Uit die mond van die suigeling, sal jy die waarheid hoor (kinders steek niks weg nie).
Wie nie wil hoor nie, moet voel (ongehoorsaamheid moet hy gestraf word).
Ek ken hom net van hoor (van iemand weet, sonder jy kennis gemaak het).
Die klok hoor lui, maar nie weet waar die bel hang (te hore kry, maar nie die besonderhede ken nie).
Praat van 'n engel en jy hoor sy vlerke klap (as iemand waaroor geskinder word onverwags verskyn).
Van hoor en sê, lieg mens veel (deur oorvertel word baie onwaarhede versprei).
As kok en koksmaat rusie kry, dan hoor jy waar die spek bly (as samesweerders stry, openbaar hulle mekaar se geheime).

    Vertalings

  Vertalings:    hoor
Engels: hear(en)
Nederlands: horen(nl)


Nederlands (nl)

Tussenwerpsel
hoor!

Uitspraak

Hulp:IPA: [ɦɔːr]
   
(lêer)

Tussenwerpsel

    Betekenisse

Vra om te luister
Bevestig 'n verduideliking.

    Voorbeeldsinne

1.: «Hoor! Een nachtegaal!»
Hoor! 'n Nagtegaal!
2.: «Dit is niet waar, hoor!»
Dis nie waar nie, hoor!

Werkwoord

    Betekenisse

  1. eerste persoon enkelvoud teenwoordige tyd van horen
  2. (by inversie) tweede persoon enkelvoud teenwoordige tyd van horen
  3. gebiedende wys van horen

    Voorbeeldsinne

1.: Ik hoor.
2.: Hoor je?
3.: Hoor!.