(skeepvaart) 'n Draai in 'n lyn of tou waardeur daardie lyn of tou aan homself of 'n ander lyn of tou verbind is.
(kleding) 'n Middel om 'n kledingstuk vas te maak, gewoonlik 'n dun plaatjie gemaak van harde materiaal met twee of vier gaatjies, wat dit maklik maak om aan en uit te trek. Dit word ook gebruik om klere te versier.
(skeepvaart), (lugvaart), (eenhede) 'n maateenheid vir snelheid wat veral in seevaart en gemotoriseerde lugvaart gebruik word. Een knoop is een seemyl per uur.
(astronomie) een van twee punte waar ’n wentelbaan ’n verwysingsvlak kruis waarmee dit ’n helling vorm.
(plantkunde) 'n min of meer verdikte area op die stam van 'n plant, veral waar die blare aan die stam heg.