Sedert 1285 in Middelnederlands as coreade bekend. Leenwoord uit Frans: coriandre. Van Latyncoriandrum en Griekskoriannon. Reeds in Miseens as koriandnon bekend. Die oorsprong hiervan is nie Indo-Europees nie.[1]
Koljander groei die beste in goed gedreineerde, sanderige leemgrond met 'n pH balans van tussen 6.0 en 7.5. [2]
Koljander se vars stingels en blare, asook die klein vrugte en gedroogde sade, word gebruik vir hul aroma in kos geregte. Die vrugte of sade word ook gebruik vir die ontginning van essensiële olie, en die vetterige olies word in beide die natuurlike medisinale mark en die voedselverwerkings bedryf gebruik.[2]