lieg

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  lieg 
Verlede Tyd  ek   het gelieg        

Werkwoord

    Betekenisse

Sê wat nie die waarheid is nie.

    Spreekwoorde

«Hy lieg asof dit gedruk staan.»
Leuens goed inmekaar vleg.
«Sy lieg soos 'n tandetrekker.»
'n Baasleuenaar wat onbeskaamd lieg.
«Iemand die nek vol lieg
Iemand deeglik belieg.
«Liewer bieg as lieg
Dis beter om met die waarheid uit te kom as om verder te lieg.
«Van hoor en sê, lieg mens veel.»
Deur oorvertel word baie onwaarhede versprei.

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: lie(en)
Frans: mentir(fr)
Nederlands: liegen(nl)
Russies: лгать(ru)