(plante)(vrugte) Sommige van die plante van die familie Cucurbitaceae wat vir voedsel gekweek word, soos van die genus Cucumis, die spanspek, insluitend verskeie kultigene soos heuningdou en kantaloep, die horingspanspek en ander.
Ook in die Daghregister vind ons ’n weergawe van die saad wat gedurende die eerste jaar reeds aan die Kaap gesaai is, soos Turkse boontjies, anys, vinkel, als, mispel, kweperpitte, appelpitte, Spaanse lemoenpitte, andyvie, boerboontjies, geel- en rooibeet, moesgroente bekend as warmoes, komkommers en pampoen, uie, waatlemoene en ander meloene en katjangboontjies.[1]