nagtegaal
Voorkoms

| Enkelvoud | Meervoud |
|---|---|
| nagtegaal | nagtegaals |
| Verkleiningsvorm | |
| Enkelvoud | Meervoud |
| nagtegaaltjie | nagtegaaltjies |
- Sedert 1240 in Middelnederlands bekend as nagtegale. Van Proto-Germaans *nahti-galōn-, 'n ou samestelling van *nahti- 'nag' en 'n werkwoord *galan- wat 'sing' of 'geraas maak' beteken. Hierdie werkwoord word ook in die etimologie van galm en gil aangetref.[1]
- nag•te•gaal
- (voëls)
Luscinia megarhynchos 'n Europese sangvoël wat vir sy sang bekend is - (figuurlik) Iemand wat baie goed kan sing
- Die nagtegaal is een van die bekendste sangvoëls in Europa.[2]
- Kango Grotte se eie nagtegaal, Leigh-Ann Coetzee (44), ’n toergids in die Kango Grotte buite Oudtshoorn, het naam gemaak deur die pragtige geestelike klassieke lied, Ave Maria, te sing om vir die besoekers die asemrowende akoestiek in die bekende besienswaardigheid te illustreer.[3]