Gaan na inhoud

nerf

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Enkelvoud Meervoud
  nerf    nerwe    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  nerfie     nerfies  
(plantkunde) aartjie van 'n blaar of grein in hout; 'n vaatbondel, wat deur die blaarskyf loop en dikwels van onder af as rant te voorskyn kom.
(medies) opperhuid, horinghuid (cuticulum)[1]
'1. Halfpad het my voete aan my trapgespes vasgehak, ek het my balans verloor en my knieë nerf af geval.[2]
2. In binnelandse grasveldstreke is ook algemeen van blesbokvelle gebruik gemaak.[...] Die vel bestaan uit twee lae. In die osdrywerstaal word na die buitenste epiteellaag verwys as die haar- of nerfkant. Die nerf is horingagtig en kan min rek.[3]
nerf-af, nerfaf, nerfgoud, nerfkant, nerfskeel
Dit was op die nerf na; die nerf het geskeel -- dit het maar min geskeel.[4]
Fyn van nerf wees -- baie gevoelig wees.[4]