riool
Voorkoms
| Enkelvoud | Meervoud |
|---|---|
| riool | riole |
| Verkleiningsvorm | |
| Enkelvoud | Meervoud |
| riooltjie | riooltjies |
- Sedert 1348 uit Middelnederlands als riole bekend. Leenwoord uit Middelfrans riol, van Middeleeuws Latyn rivolus verkleinwoord van rivus (beek, rivier).[1]
- ri•ool
- 'n Pyp wat deel is van 'n stelsel waarop afvalwater afgevoer, versamel en vervoer word. Dit is bedoel om afvalwater en neerslag op 'n veilige en higiëniese wyse af te voer.
- As die vetvanger nie behoorlik in stand gehou word nie, kan die bewoner aanspreeklik wees vir enige koste van skade aan die riool, en die permit vir industriële uitvloeisel teruggetrek word en/of die hele industriële-uitvloeiselafloop van die munisipale riool afgesny word. (Sien: Verordening op Afvalwater hoofstuk 1, artikel 3: Beskerming van munisipale riole.)[2]
| Vertalings: | |||
|---|---|---|---|