Gaan na inhoud

roes

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Enkelvoud Meervoud
  roes     
  1. (plantkunde) 'n Siektetoestand waaraan 'n plant ly; spesifiek 'n volledige en vinnige chlorose, verbruining, en dan die dood van plantweefsels soos blomorgane, blare, takke of takkies, veral een wat deur 'n swam veroorsaak word.
  2. (chemie) Die oksidasieproduk van yster blootgestel aan vochtige lug
  3. (medies) 'n Bedwelming deur sterk drank
  1. Met die hulp van die Landbounavorsingraad se Instituut vir Plantbeskerming is die roes voorlopig as Endophyllum elytropappi geïdentifiseer[1]
  2. Roes is spesifiek 'n tipe korrosie wat met yster en staal voorkom wanneer hulle aan suurstof en vog blootgestel word[2]
  3. Die 54-jarige man het, vermoedelik so dronk soos 'n tor, op die bed neergeval om sy roes uit te slaap.[3]
«'n Roes in iemand se sak[4]»
Gesê van iemand wat alles verniel of breek

    Vertalings

  Vertalings:   1. plantsiekte
Engels: rust(en), blight(en)
Nederlands: roest(nl) m
Xhosa: irusi 9, umhlwa 3
  Vertalings:   2. ysteroksidasie
Engels: rust(en)
Nederlands: roest(nl) m or o
Xhosa: umhlwa 3
  Vertalings:   3. bedwelming
Engels: intoxication(en), haze(en)
Nederlands: roes(nl) m
Tydvorm Persoon Woordvorm  
Teenwoordige Tyd  dit roes  
Verlede Tyd  dit  het geroes    
Teenwoordige deelwoord roestende     
(chemie) oksidering van yster
  1. Aluminium, anders as yster, roes nie.[2]

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: rust(en)
Nederlands: roesten(nl)
Xhosa: ukurusa 15

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor roes.