roofmeeu
Voorkoms
| Enkelvoud | Meervoud |
|---|---|
| roofmeeu | roofmeeue, roofmeeus |
- roof•meeu
- (voëls) 'n Seevoël uit die
Stercorariidae, 'n familie wat tot die orde
Charadriiformes behoort. Die familie bestaan uit 'n enkele genus van sowat sewe spesies. Die familie lyk effens soos gewone meeue, maar is hoofsaaklik bruin. Roofmeeue is taamlike groot, bruin seevoëls met skerp, geboë kloue en met sterk snawels wat in 'n haak eindig.
- Danksy die kundige gidse leer ons dat die roofmeeue as die “hiënas” van die see beskou word en dikwels kos van malgasse en stormvoëls steel.[1]
| Vertalings: | |||
|---|---|---|---|
- Sien Wikipedia vir meer inligting oor roofmeeu.