Gaan na inhoud

stasie

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Enkelvoud Meervoud
  stasie    stasies  
sta•sie
  1. (verkeer) Plek waar voertuie (veral treine) kan stop vir die in- en uitklim van passasiers en die laai en aflaai van goedere
  2. Basis in 'n ontoegankelike gebied of in die ruimte
  3. Basis vir openbare dienste, soos polisie of brandweer
  4. (media) 'n radio- of televisiestasie
  1. Ongelukkig het die Vereeniging Stasie stadig maar seker begin agteruitgaan. Van die eens spoggerige diensverskaffer wat jaar na jaar die toekenning ontvang het as die netjiesste stasie in die land het net 'n skadu oorgebly. [1]
  2. Dr. Naude het slegs ongeveer 'n week in Antarktika vertoef, waar hy en ander besoekers [...] op 'n hele aantal ekskursies geneem is, inlsuitende die Suidpoolstasie (AmundsenScott), Byrdstasie, Scott Base (Nu-Seeland se stasie), Kaap Royds (Shackleton se stasie in 1908) en Kaap Evans (Scott se tweede stasie, opgerig in 1911).[2]
  3. Mamelodi kry 'n brandweerstasie. Volgens Sipho Stuurman, woordvoerder van die stad, sê die stasie is teen 'n koste van R55 miljoen opgerig.[3]
  4. Die program bied 'n perfekte toevoeging tot jou stasie se kuns- en kulturele programreeks.[4]

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: station(en)
Nederlands: station(nl) o