stigting

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  stigting     stigtings, stigtinge    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  stigtinkie     stigtinkies  

Uitspraak

IPA: [ˈstəxtəŋ], meervoud: [ˈstəxtəŋs, ˈstəxtəŋə]

Woordafbreking

stig•ting

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. Die handeling van stig; om te bou of op te rig.
  2. Regspersoon met 'n bepaalde eie vermoë en 'n seker doel.

    Voorbeeldsinne

  1. Die stigting van Rome het volgens mitiese oorlewerings op 21 April 753 v.C. plaasgevind, met die tweeling Romulus en Remus as stigtingsvaders.
  2. Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) is 'n nie-winsgewende organisasie; hulle streef daarna dat elke spreker van Afrikaans 'n funksionele en selfstandige bestaan kan voer.

    Vertalings

  Vertalings:   
Duits: Stiftung(de) v
Engels: foundation(en)
Frans: fondation(fr) v
Nederlands: stichting(nl) v