Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
- diep
- Ver van die bodem af; diepliggend.
- 'n Lae, growwe stem.
- 'n Kleur wat donker is.
- Intens; 'n erge graad van iets.
- Toe hy tien word, kon hy aan die diep kant van die swembad swem.
- Morgan Freeman is bekend vir sy kenmerkende diep stem.
- Die velskoenblaar se blare is diep groen aan die bokant, met pienk en rooi kolle aan die onderkant.
- Met diep gevoelens van spyt en skuld stuur ons jou hierdie skrywe.
- vlak
- Hy is in diep water (in groot moeilikheid).
- Sy trap diep spore (kry baie uitgerig).
- Steek die hand diep in die sak (betaal baie vir iets).
- Diep in die bottel kyk (drink te veel).