terugskouing

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Terugskouing is om terug te kyk na die verlede en die situasie te beoordeel met die kennis wat jy tans tot jou beskikking het.

    Spreekwoorde

  • Terugskouing is 20-20 visie (In Engels word gesê: "Hindsight is 20-20 vision")

Hierdie spreekwoord word in die volgende omstandighede gebruik: Wanneer jy terug kyk na 'n besluit wat jy in die verlede geneem het, dan gebeur dit dikwels dat jy besef dat dit nie die beste besluit was nie. Dit is egter nie regverdig om verwyte oor die besluit te hê nie, want toe jy die besluit geneem het, was dit moontlik die beste besluit met die inligting wat op daardie stadium tot jou beskikking was.

    Sinonieme

  • Nawete
  • Op die keper beskou
  • Terugkyk